Click here to buy Pick n Pay digital grocery vouchers & send via SMS to someone in need.
Hierdie produksie was die wenner van die Fiësta vir Beste Musiekgedrewe Produksie. In Eet Kreef! word dié ikoniese album deur Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band gevier, 30 jaar nadat dit oorspronklik uitgereik is. Met aKING se hoofsanger Laudo Liebenberg, ’n vuurwarm band en nuwe verwerkings van ikoniese songs soos "Energie", "Hillbrow", "Hoe ek voel" en al die treffers wat van dié plaat ’n kultustreffer gemaak het, sorg hierdie show vir meer as een hoendervleis-oomblik.
Met Laudo Liebenberg, Frank Freeman, Sheldon Yoko, Schalk van der Merwe en Mikhaela Kruger.
Besoek www.kknk.co.za vir die volledige program.