Click here to view the latest Smart Shopper Deals

Kamphoer

Kamphoer

About

In Kamphoer – die verhaal van Susan Nell, gegrond op ‘n ongelooflike ware verhaal, vertolk Sandra Prinsloo die uitdagende rol van Susan Nell wat gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag en vir die dood agtergelaat is, maar wie se paaie deur toeval later weer kruis met dié van haar verkragter.

2019 is die 120ste gedenkjaar van die Anglo-Boereoorlog en hierdie verhaal, geskoei op die topverkoper-debuutroman Kamphoer deur Francois Smit en die niefiksie-publikasie The Boer Whore deur Nico Moolman, bring hulde aan dié era. Kamphoer is onder meer benoem vir die Jan Rabie Rapport-toekenning, ‘n ATKV-toekenning en gekortlys vir die 2018 Sunday Times.

More Info

Venue

Social