Planning your next event? Click here to list your event now!
Schalk Bezuidenhout, die krulkopkomediant met sy kenmerkende truitjies en skerp tong, is die mees opwindende nuwe stem in Suid-Afrikaanse stand-up.
Sedert hierdie boorling van Kempton Park in 2015 (en weer 2017) in Trevor Noah se voorprogram opgetree het en 'n solo-vertoning op Comedy Central uitgesaai is, het hy vinnig 'n huishoudelike naam geraak. Hy het ook reeds twee Comics Choice-toekennings en ’n gesogte SAFTA ingepalm.
Schalk is deesdae 'n bekende gesig op televisie, veral in die rol van die geliefde Danny in die kykNET-reeks Hotel en as anker van die satiriese nuusprogram Die Ware Naarheid met Schalk Bezuidenhout, ook op kykNET.