Niggies

Niggies

About

In 1966 ruk die moord van twee 12-jarige niggies, Issie Fourie en Petro Nel, die land. Hierdie is hul storie. Dit is ook die storie van André, Issie se broer, en die eed wat hy sweer om diegene verantwoordelik te vang. Dit sou hom 18 jaar neem.

“Niggies”, kykNET se splinternuwe dramareeks, is gegrond op dié opspraakwekkende saak en ’n familie se soektog na antwoorde. Die rolverdeling bestaan uit ’n uitsonderlike ensemble met onder andere Beer Adriaanse, Carel Nel, Albert Pretorius, Tinarie van Wyk Loots, Jane de Wet en Erica Wessels.

Sluit aan by kykNET tydens die KKNK, vir ’n interaktiewe aand oor die nuwe aangrypende reeks.

Afrikaans • Geen o.16 • 90 min.

Venue