Kontemporêre musiek
MET Lourens en Esté Raaf
’n Fees van RAAF se nuutste musiek, lirieke, digkuns en kenmerkende energie wat jou lank na die vertoning geïnspireer gaan laat om vol en kleurvol te lewe. Hul lirieke vertel stories van ons diepste menswees en hul musikaliteit en energie het gehore as lewensveranderend beskryf. RAAF doen die lewe anders – elke dag is ’n avontuur, elke oomblik ’n geleentheid. Met dié vooruitsig bring hulle die musiek van die splinternuwe Prediker-album, asook van die ou gunstelinge na die KKNK. Met die verhoog vol instrumente en ’n skatkis vol stories, beloof dit om ’n optrede te wees wat jy nie wil mis nie.
Afrikaans en Engels • Gesin • 80 min.