Click here to view the latest Smart Shopper Deals

RAPONSIE RED FABEL LAND

RAPONSIE RED FABEL LAND

RAPONSIE RED FABEL LAND

14 Jul 2023 11:00

About

Roodepoort Teater en Mask-a-Raid produksies bied met trots aan Raponsie red Fabel Land in die winter skoolvakansie. Die talentvolle trio akteurs Marissa Claasen, Botha Enslin en Elizma Byleveldt vat jou op n avontuur reis om die kleinspan en ouer garde te vermaak. Hierdie drie akteurs het meer as 500 kinder produksies onder die knie en sal beslis die kyk werd wees.
Al ooit gewonder wat gebeur met al die karakters van ons gewilde fee verhale as hul klaar getrou het met hul aantreklike prinse?
In Raponsie red Fabel land, sien ons wat het gebeur en hoe die land verval het in die nare hande van Heksa die geldgierige heks. Sy is n suksesvolle besigheids vrou wat tegnologie en Beauty Coin aan Fabel land bekend gestel het, maar op elektronika is sy nie verlee nie. Sy gebruik haar toorkuns om al die inwoners van Fabel land te fnuik , sodat hulle vasbeslote daarop is om die beste en nuutste foon of tablet te he. So word normale lewe weg gevee en geen persoon geniet meer die buite lewe nie, maniere is vergete en geld is al wat saak maak.
Raponsie is die enigste een wat nie haarself oorgee aan sosiale media nie. Sy werk saam met Wolf en Rooikappie om Fabel land uit Heksa se toorspel te red. Grappe vir oud en jonk sal almal laat kraai van genot. Die musiek word vervaardig deur die talentvolle Wouter Maree of beter bekend as 'Dubble Amount' van Youtube.

More Info

Venue

Social


RAPONSIE RED FABEL LAND

 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…