Mense se die Vrystaat is waar geheime die emmer skop, waar die aarde so plat is jy sien jou toekoms as jy n windpomp klim . . . Drie vervreemde susters ontmoet vir Ma se begrafnis in Amper, n dorpie duskant nerens. Daarby het die vreemde omstandighede rondom hulle ma se dood die hele kontrei aan die gons . . .
Amper, Vrystaat is n komedie met hart. n Storie met waarheid wat elke mens raak. Daarby het elke mens n geheim . . .