Click here to view the latest Smart Shopper Deals

ATKV TIENERTONEELFINAAL 2018

ATKV TIENERTONEELFINAAL 2018

About

Jong talent vermaak, ontroer en bekoor op die verhoog Die ATKV-Tienertoneelkompetisie se doel is om ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders aan te wakker. Die oudste projek van die ATKV bied ’n platform vir talentontwikkeling en is ’n smeltkroes van kreatiwiteit.

Meer as 200 Tienertoneelproduksies van regoor Suid-Afrika en Namibië neem in 2018 deel aan die 54ste ATKV-Tienertoneelkompetisie gedurende 11 streeksfeeste wat aangebied word gedurende Augustus.

Die beste produksies sal deurdring na die ATKV-Tienertoneelfinaal wat plaasvind by die Roodepoort-teater van 1 tot 5 Oktober. Die finaliste word aangekondig op 3 September.

More Info

Venue

Social