Die Siel van Eugène Marais is ’n poëtiese reis deur die lewe van een van Suid-Afrika se mees onwaarskynlike Afrikaner-helde — digter, wetenskaplike, joernalis “Wonder Dokter” en dwelm verslaafde Deur woord, musiek en sy eie gedigte word Marais se soeke na liefde, waarheid en menswees blootgelê, van sy briljante vroeë jare tot sy gebroke laaste oomblikke onder die doringboom. ’n Teaterervaring waar poësie asemhaal en ’n siel sy bly voortpraat.