Liewe Heksie het ‘n prys in ‘n talentkompetisie gewen. Karel Kat wil haar leer om mooi na haar prysgeld te kyk. Haai oe, maar groot woorde soos finansies, rente en begrotings of is dit nou bekleinings, laat Levinia se kop draai. Karel begin deur vir Levinia ‘n spaarvarkie te gee, maar die nare Geelheks is altyd in die rondte en wil haar kloutjies op die geld kry. Karel besluit dat ‘n bankrekening met ‘n bankkaart veiliger sal wees, maar dalk nie vir Liewe Heksie nie.