Komediedrama
MET Samantha Carlisle TEKS Samantha Carlisle REGIE Dara Beth AGTERGRONDSTEM Kamogelo Mhlantla VERHOOGBESTUURDER Cailyb Prinsloo VERVAARDIGER Spark in the Dark
Soos Love Island, maar sonder die kontantprys, fokus Messy op Sam, ’n aanlyn sekswerker wat haar chaotiese verhouding met seks, liefde en intimiteit ondersoek.
Van die masochistiese gebrabbel van die onbevoegde LO-onderwyser by haar konserwatiewe Metodiste-skool tot die onaansienlike mans wat sy soos Pokémon-karakters langs die pad versamel het, is Messy ’n ode aan al die teleurstellende one night stands, die kortstondige sekskapades en die teer oomblikke wat ons met mense deel wat ons uiteindelik teleurstel. Messy is vir die divas wat hulself hoor sê: “Miskien moet ek sommer net my werk los en foto’s van my voete begin verkoop.” Wenner van ’n Standard Bank Ovation-prys by die Nasionale Kunstefees in 2025.
Ondersteun deur die Wes-Kaapse regering.
Engels • Geen o. 18 T, G, S, N • 60 min.