DEBUUT
Plekspesifieke drama
MET Carin Bester en Hendrik Nieuwoudt TEKS Ashraf Jamal VERTALING EN REGIE Ilana Cilliers MUSIEK Louwrens Ferreira STELONTWERP Carin Bester VERHOOGBESTUURDER Raé Classen VERVAARDIGER Mount Maak
Hedda moes douvoordag vlug van die polisie en die stad. Sy het niemand gehad om te bel nie, behalwe haar broer, Gizz. Deur die loop van ’n oggend vind ons uit hoe Hedda en Gizz daar beland het waar hulle wegkruip in ’n pondokkie op ’n Karooplaas.
Teen die agtergrond van die uitgestrekte landskap van die magiese Karoo ondersoek Ashraf Jamal se Deep Heat bloed en water, geweld, verhoudings, en die soms baie dun draadjie wat families aan mekaar bind.
’n Mount Maak-produksie, ondersteun deur die KKNK, NATi en die NAC.
Afrikaans • Geen o. 16 T, G • 65 min.