DEBUUT
Klassieke musiek
MET Charl du Plessis, Werner Spies en Peter Auret MUSIEKREGIE Charl du Plessis VERVAARDIGER Charl du Plessis Productions
Die Charl du Plessis Trio vier 20 jaar op die verhoog met ’n verbysterende versameling crossover-musiek – van Barok tot blues en boogie. Hierdie veelsydige ensemble het internasionaal naam gemaak met hul unieke verwerkings, virtuose spel en fyn genuanseerde interpretasies van klassieke werke in ’n jazzstyl.
Dié feestelike uitvoering sluit hoogtepunte van bekroonde opnames en verhoogproduksies in. Bekroon met die Kanna vir beste musiekproduksie by die KKNK in 2025.
Afrikaans en Engels • Gesin OB • 70 min.