DEBUUT
Komediedrama
MET Mienke Ehlers en Dean John Smith TEKS Sam Steiner VERTALING, VERWERKING EN REGIE Kanya Viljoen OORSPRONKLIKE TITEL Lemons, Lemons, Lemons, Lemons, Lemons VERVAARDIGER Unusual Bones, in samewerking met die KKNK
In ’n Suid-Afrika waar mense net 140 woorde per dag mag gebruik, moet twee jong geliefdes leer om met stilte te leef, en om met woorde te baklei. Soos die beperkinge meer word, word die verhouding ook al hoe moeiliker om te beredder, en op die ou einde moet hulle mekaar vra of daar werklik nog iets oor is om te sê. Hierdie ontroerende stuk ondersoek wat liefde, vryheid en die krag van ’n mens se eie stem beteken.
’n KKNK- en Suidoosterfees-produksie, moontlik gemaak deur NATi en ondersteun deur die Festival Enterprise Catalyst (FEC), in samewerking met The Jobs Fund.
Afrikaans • Geen o. 13 T • 80 min.