Planning your next event? Click here to list your event now!
Waar oos & wes ontmoet vertel die storie van Dina Tseng. Sy treur 14 jaar lank oor haar verlore kollegeliefde en ondergaan skrikwekkende skokterapie. Later ontmoet sy Tommy, ‘n Taiwannees, wat gedurende die apartheidsjare met bykans niks na Suid-Afrika kom. Hulle ervaar rassehaat en vooroordeel. Dina maak Tommy se drie Taiwannese seuns groot en saam bou hulle ‘n imposante sakeryk op. Hoewel die NG Kerk weier om hulle te trou weens sy Boeddhistiese agtergrond, word die twee kinders gedoop mits Tommy hulle as Christene grootmaak. Ten spyte van hul sprokiesbestaan word hul ondernemings deur vloede, ‘n brand en ‘n tsoenami verwoes.
Met/ With: Carla van der Spuy
Uitgewer: Naledi
Skrywer/ Writer:Carla van der Spuy
Taal/ Language: Afrikaans
Tydsduur/ Running Time: 60 min