Corlia Fourie het bekendheid verwerf met skryfwerk in verskillende genres: dramas (gepubliseer, maar ook vir die verhoog, radio en televisie), werk vir volwassenes, en talle kinder-en jeugverhale, waarin sy veral deur middel van fantasie aksiebelaaide tekste skep en materiaal uit Afrika-sprokies ontwikkel en vernuwe. Sy ontvang verskeie gesogte pryse vir haar baanbrekerswerk op hierdie gebied, onder meer die M E R-prys, die Tienie Holloway-medalje, eervolle vermelding by die toekenning van die Noma-prys, en ook die Alba Bouwer-prys.
Aangebied deur / Presented by: NALN
Met / With: Corlia Fourie
Taal / Language: Afrikaans
Tydsduur / Duration: 60 min