Planning your next event? Click here to list your event now!
Dis 1820 in die Kaapkolonie. Sophia Truter is getroud met regter Johannes Truter, nou Sir John. Sophia het ’n afkeer in die Kaap se vertoonsug en besluit ná die dood van haar jongste seun om weer te gaan boer: dié keer op ’n lap grond anderkant die Kleinrivier – sonder slawe en voormans – en so ontmoet sy Mandel, ‘n vryloper, Sterretjie wat naby Gansgat tent opslaan, ‘n boervrou van die Akkedisberg en versamel malgasvere en ghwano. Dan word iemand op die bokpad anderkant die berg vermoor en Jan Tesselaar, die nuwe veldkornet, moet die skuldige opspoor. Twyfelbos is ’n meesleurende geskiedkundige roman wat afspeel in die Overberge in die vroeë agtienhonderds.
François Loots is in Prieska gebore en het in die Karoo grootgeword. Ná skool studeer hy sielkunde, Engels en Duits. Hy werk in landelike ontwikkeling en die onderwys, beide in SA en in die buiteland. Hy woon tans in Kaapstad en werk in die media.
Uitgewer / Publisher: NB Uitgewers
Met / With: François Loots
Taal / Language: Afrikaans
Tydsduur / Running time: 60 min