Hosting an event? Click here for details for listing on Webtickets
In die mooie Caledon ontvou ’n ondenkbare tragedie. Die dood van Deveney Nel, ’n talentvolle 16-jarige, skok die gemeenskap en die land. Julian Jansen ondersoek die gebeure wat gelei het tot dié tragedie en die drie kinderslagoffers wat deur die stelsel gefaal is: Die 17-jarige seun, wat vier jaar tevore aangekla is van die verkragting van ’n 11-jarige meisie; die getraumatiseerde meisie, wat moes toekyk toe die seun aan sy ouers se toesig oorgelaat word sonder staatsintervensie; en Deveney, wat hy by sy nuwe skool, waar niemand van sy verlede geweet het nie, vermoor het. Jansen het van die begin af vir Rapport oor die saak verslag gelewer.
Julian Jansen is ’n bekroonde ondersoekende joernalis en die skrywer van die topverkoperboeke 'Die De Zalze-moorde', Seuns sonder Pa’s' en 'Moord op Stellenbosch'. Hy woon in Strand, Kaapstad.
Uitgewer: NB-Uitgewers
Met: Julian Jansen en Ruda Landman
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 60 min