De Wals van de Liefde: Jannie du Toit (sang & kitaar), Marcel Dednam (klavier) en Deryn Dednam (altsaxofoon).
Dramaturg: Jannie du Toit | Musiekregie: Marcel Dednam
’n Betowerende musiekteater ervaring vol warmte, humor en nostalgie. De Wals van de Liefde vier die tydlose Nederlandse liedkuns met werke van onder meer Jules de Corte, Robert Long, Herman van Veen en Jacques Brel.
Jannie du Toit en sy talentvolle musikale metgeselle skep ’n intieme, vreugdevolle vertoning wat elke musiekliefhebber sal raak. ’n Magiese viering van die liefde en die lied – in kenmerkende Jannie du Toit styl.