Click here to view the latest Smart Shopper Deals

Anton Rupert

Anton Rupert

About

Die verstommende storie van ’n sakelegende wat een van Afrika se welvarendste maatskappye uit niks opgebou het. Anton Rupert was ’n Karooseun wat in die Depressie grootgeword het en dit skaars kon bekostig om te gaan studeer, maar sy Rembrandt-groep word uiteindelik ’n wêreldleier in onder meer luukse goedere. Wat was Rupert se geheim? Rupert se oorspronklike sienings oor die skepping van werk en welvaart in ’n sukkelende ekonomie is sy blywende nalatenskap met diepgaande lesse vir Suid-Afrika vandag. Sy storie is meer relevant as ooit. Hier vertel die gesoute sakeskrywer Ebbe Dommisse die volle verhaal, met kleur en anekdotes, in dié opgedateerde uitgawe van sy hoogaangeskrewe biografie.
Skrywer: Ebbe Dommisse
Met: Ruda Landman

More Info

Venue

ATKV-Boeke-oase (Hoofsaal)   Location on Google Maps

Social

Anton Rupert

Anton Rupert 06 Jul 2024 10:30

R40