Click here to view the latest Smart Shopper Deals

DIE BUTLER

DIE BUTLER

About

DIE BUTLER is ‘n eenmanvertoning met Corne Stemmet as akteur, geskryf deur Marion Holm. Aan die woord is ‘n opgeleide butler, Matthias, wat vertel van die verskeidenheid mense by wie hy al gewerk het. Die toneelstuk handel oor al hierdie verskillende karakters en hulle lief en leed. Corne vertolk elkeen van die 9 karakters, vroulik en manlik.

Die karakters is gewone mense met gewone swakhede, soos luiheid of gierigheid of trots. Die gehoor sal dus met elke karakter op die een of ander vlak kan identifiseer. Die butler gee ook tussendeur praktiese wenke waarby enige huishouding kan baat. Die stuk is as’t ware ‘n tipe leefstyl praatjie, weggesteek binne-in ‘n toneelstuk.

Venue

Social


DIE BUTLER