Click here to view the latest Smart Shopper Deals

KKNK Feesmark

KKNK Feesmark

About

’n Kuur vir elke kwaal. Dít wag op feesgangers by die KKNK se Feesmark. Van vroegoggend tot laataand is hier baie doendinge vir die hele gesin, met hope om te sien, te beleef, te proe, te ruik en te ervaar. Musiek deur ’n versameling van Suid-Afrika se gunstelinge op die musiekverhoog. Familievermaak het ’n nuwe tuiste by die Feesmark, waar ure se vermaak op kinders en ouers wag. Wandel vir ure deur dié inkopieparadys se stalletjies. Die KKNK-winkel swaai sy deur oop in ’n nuwe area met meer en mooier aandenkings as in 2023. Smul aan die buffet van kos by die kosstalletjies. Proe deli-produkte, lekkernye en drinkgoed in Liplekker. Koel af by die kroeë op die terrein.

More Info

Venue

Social


KKNK Feesmark

 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…